Nehemiah 2:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ek het in die nag uitgegaan deur die poort van die vallei, selfs voor die draakput en na die mispoort, en die mure van Jerusalem bekyk wat afgebreek was, en sy poorte is deur vuur verteer.
Afrikaans (NLV) 2011
Dié nag het ek by die Valleipoort uitgegaan, verby die Jakkalsfontein tot by die Mispoort. Ek het die beskadigde mure van Jerusalem en die afgebrande hekke gaan ondersoek.
Afrikaans 1933/1953
En ek het in die nag deur die Dalpoort uitgery en na die kant van die Slangfontein en na die Aspoort toe; en ek het die mure van Jerusalem besigtig wat stukkend lê, en sy poorte wat deur vuur verteer was.
Afrikaans 1983
Ek is dié nag deur die Dalpoort na die Jakkalsfontein en die Vullispoort toe en het die mure van Jerusalem nagegaan waar hulle afgebreek was en ook die poorte wat verbrand was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het in die nag deur die Dalpoort uitgegaan, by die Jakkalsfontein langs na die Ashooppoort. Ek het die muur van Jerusalem wat afgebreek was en die poorte wat deur vuur verteer was, nagegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het in die nag uitgegaan by die poort in die vallei. Ek het gegaan tot by die Jakkals-fontein en die Vullis-poort. Ek het gekyk hoe lyk die muur van Jerusalem. Vyande het die muur afgebreek en die poorte verbrand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Onder die dekmantel van die nag is ek deur die Valleihek by die stad uit, verby by die Jakkalsfontein tot by die Vullishek. So ver as wat ek gegaan het, het ek inspeksie gedoen van die mure van Jerusalem en ook van die hekke wat afgebrand het.