Nehemiah 2:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die owerstes het nie geweet waarheen ek gegaan het of wat ek gedoen het nie; en ek het dit nog nie aan die Jode of aan die priesters of aan die edeles of aan die owerstes of aan die ander wat die werk gedoen het, vertel nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Die amptenare van die stad het nie geweet dat ek uitgegaan het of waarmee ek besig was nie. Ek het nog nie die Jode oor my planne ingelig nie. Ek het ook nog nie met die godsdienstige of die politieke leiers daaroor gepraat nie, ook nie met die amptenare of die mense wat die werk sou doen nie.
Afrikaans 1933/1953
Maar die leiers het nie geweet waar ek heengegaan het en wat ek doen nie; want ek het tot nog toe die Jode en die priesters en die edeles en die leiers en die ander wat die werk moes doen, niks te kenne gegee nie.
Afrikaans 1983
Die ampsdraers het nie geweet waarheen ek was en wat ek gedoen het nie. Tot dusver het ek niks laat blyk teenoor die Judeërs, die priesters, die vooraanstaande burgers, die ampsdraers of die ander wat die werk moes doen nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die gesagsdraers het nie geweet waarheen ek gegaan het en wat ek besig was om te doen nie. Die Judeërs, die priesters, die hoëlui, die leiers en die res wat die werk moes doen, het ek tot op daardie stadium nie ingelig nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die leiers het nie geweet waarnatoe ek gegaan het en wat ek gedoen het nie. Voor daardie dag het ek niks gesê vir die Judeërs, die priesters, die belangrike mense, die leiers en die ander mense wat die werk moes doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Niemand het geweet waarheen ek was en wat ek gedoen het nie; nie die amptenare of selfs die Jode, die priesters, die vooraanstaande inwoners, die beamptes of die ander wat die werk sou moes doen nie. Ek het tot hiertoe nog al my planne vir myself gehou.