Nehemiah 2:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar toe Sanballat, die Horoniet, en Tobía, die dienaar, die Ammoniet, en Gesem, die Arabier, dit hoor, het hulle ons uitgelag en ons verag en gesê: Wat is dit vir hierdie ding wat julle doen? sal julle teen die koning in opstand kom?
Afrikaans (NLV) 2011
Maar toe Sanballat, Tobija die Ammonitiese amptenaar en die Arabier Gesem van ons planne hoor, het hulle ons minagtend gekoggel en gevra: “Wat dink julle doen julle om so teen die koning in opstand te kom?”
Afrikaans 1933/1953
Maar toe Sanb llat, die Horoniet, en Tob¡a, die Ammonitiese kneg, en Gesem, die Arabier, dit hoor, het hulle ons bespot en ons verag en gesê: Wat is dit vir 'n ding wat julle doen? Wil julle teen die koning rebelleer?
Afrikaans 1983
Maar toe Sanballat die Goroniet, Tobija die Ammonitiese amptenaar en Gesem die Arabier hoor wat ons doen, het hulle ons uitgelag en smalend gevra: “Wat vir 'n ding is dit waarmee julle besig is? Wil julle in opstand kom teen die koning?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar toe Sanballat uit Goron, Tobija, die Ammonitiese amptenaar, en Gesem, die Arabier, dit hoor, het hulle met ons die spot gedryf en ons veragtend aangespreek: “Wat is hierdie saak waarmee julle besig is? Wil julle in opstand kom teen die koning?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar toe Sanballat die Goroniet, en Tobija, die amptenaar by die Ammoniete, en Gesem die Arabier dit hoor, het hulle vir ons gelag en gespot en gevra: “Wat dink julle doen julle? Wil julle opstandig wees teen die koning?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe Sanballat, Tobija en Gesem hoor wat ons beplan, het hulle ons uitgelag en spottend gevra: “Wat dink julle doen julle? Hoekom waag julle dit om in opstand te kom teen die koning?”