Nehemiah 2:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe antwoord ek hulle en sê vir hulle: Die God van die hemel, Hy sal ons voorspoedig maak; daarom sal ons, sy dienaars, opstaan en bou; maar julle het geen deel of reg of gedagtenis in Jerusalem nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het hulle geantwoord: “Ons sal met die hulp van die God van die hemel suksesvol wees. Ons is sy diensknegte, ons sal die mure begin herstel. Julle het geen aandeel aan of historiese aanspraak op Jerusalem nie.”
Afrikaans 1933/1953
Toe antwoord ek hulle en sê vir hulle: Die God van die hemel, Hy sal ons dit laat geluk, en ons, sy knegte, sal ons klaarmaak en bou; maar julle het geen deel of reg of gedagtenis in Jerusalem nie.
Afrikaans 1983
Ek het hulle geantwoord en vir hulle gesê: “Die God van die hemel sal ons laat slaag in wat ons doen. Ons, sy dienaars, gaan bou. Julle het nóg aandeel nóg reg in Jerusalem, en geen historiese band met hom nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het hulle toe geantwoord. Ek het vir hulle gesê: “Die God van die hemel, Hy sal ons sukses laat behaal. Ons, sy diensknegte, sal gereedmaak en herbou. Maar julle het geen deel aan, geen reg op, of geen nalatenskap in Jerusalem nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het hulle geantwoord, ek het vir hulle gesê: “Die God van die hemel sal ons laat slaag. Ons is sy dienaars, en ons sal die muur bou. Julle mag nie saam met ons besluit wat in Jerusalem moet gebeur nie. Hier is niks wat aan julle behoort nie en julle het nooit hier gewoon nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My antwoord aan hulle was: “Die God van die hemel sal ons help om suksesvol te wees. Ons is sy dienaars en ons sal die bouwerk doen. Maar julle het geen plek of reg hier nie. Julle moet ook nie dink dat julle in Jerusalem onthou sal word nie.”