Nehemiah 2:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het ek by die goewerneurs anderkant die rivier gekom en die briewe van die koning aan hulle gegee. Nou het die koning owerstes van die leër en ruiters saam met my gestuur.
Afrikaans (NLV) 2011
Met my aankoms by die provinsie wes van die Eufraatrivier het ek die briewe van die koning aan die goewerneurs oorhandig. Vir my beskerming het die koning ook offisiere en ruiters saamgestuur.
Afrikaans 1933/1953
En ek het by die goewerneurs gekom wes van die Eufraat en die briewe van die koning aan hulle gegee. Ook leërowerstes en perderuiters het die koning met my saamgestuur.
Afrikaans 1983
Ek het by die goewerneurs in Wes-Eufraat gekom en die briewe van die koning aan hulle oorhandig. Die koning het offisiere en ruiters met my saamgestuur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het by die streekgoewerneurs oorkant die Rivier aangekom en vir hulle die briewe van die koning gegee. Die koning het saam met my ook die bevelvoerders van die leër en 'n ruitery gestuur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het by die goewerneurs van Wes-Eufraat gekom en ek het die brief van die koning vir hulle gegee. Die koning het offisiere en manne op perde saam met my gestuur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die koning het ’n klompie van sy offisiere en ruiters saam met my gestuur om my te beskerm. Toe ek by die provinsies wes van die Eufraatrivier aankom, het ek die koning se briewe vir die goewerneurs gegee.