Nehemiah 3:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Van bo af het die perdepoort die priesters herstel, elkeen teenoor sy huis.
Afrikaans (NLV) 2011
Die priesters het die volgende gedeelte van die muur bokant die Perdepoort herstel. Elkeen het aan die gedeelte regoor sy huis gewerk.
Afrikaans 1933/1953
Bokant die Perdepoort het die priesters herstel, elkeen teenoor sy huis.
Afrikaans 1983
Die stuk van bokant die Perdepoort af is deur die priesters herstel, elkeen die gedeelte regoor sy huis.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Bo die Perdepoort het die priesters herstelwerk gedoen – elkeen regoor sy huis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die priesters het die stuk muur bokant die Perde-poort reggemaak, elkeen het die stuk muur oorkant sy huis reggemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Van bokant die Perdehek af het die priesters elkeen die gedeelte regoor sy huis herstel.