Nehemiah 4:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Nogtans het ons tot ons God gebid en dag en nag 'n wag teen hulle uitgestel ter wille van hulle.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar ons het tot ons God gebid. Ons het die stad dag en nag bewaak om onsself teen hulle te beskerm.
Afrikaans 1933/1953
Maar ons het tot onse God gebid en om hulle ontwil 'n wag teen hulle uitgesit, dag en nag.
Afrikaans 1983
Ons het tot ons God gebid en dag en nag wagte teen hulle uitgesit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ons het tot ons God gebid en dag en nag 'n wag teen hulle uitgesit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons het gebid tot ons God en ons het elke dag en nag mense laat wagstaan om te kyk of ons vyande kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar ons het aanhoudend tot ons God gebid en dag en nag soldate op die mure laat wag- staan.