Nehemiah 9:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar hulle en ons vaders het trots gehandel en hulle nek verhard en nie na u gebooie geluister nie,
Afrikaans (NLV) 2011
Maar ons voorouers was verwaand en hardkoppig, hulle wou u bevele nie gehoorsaam nie.
Afrikaans 1933/1953
Maar hulle, naamlik ons vaders, het vermetel gehandel en hulle nek verhard en nie na u gebooie geluister nie;
Afrikaans 1983
Maar hulle, ons voorvaders, was vermetel, hulle koppe was hard, hulle het nie u gebooie gehoorsaam nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar hulle, ons voorouers, was vermetel; hulle het hulle nekke styf gemaak; hulle was nie gehoorsaam aan u gebooie nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Maar hulle, ons voorvaders, was opstandig en hardkoppig, hulle het nie gedoen wat U wil hê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar ons voorvaders was verwaand en hardkoppig. Hulle het geweier om te doen wat U sê.