Nehemiah 9:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ja, toe hulle vir hulle 'n gegote kalf gemaak het en gesê het: Dit is jou God wat jou uit Egipte laat optrek het en groot ergernis bewerk het;
Afrikaans (NLV) 2011
selfs toe hulle vir hulle ’n beeld van ’n kalf gemaak het. Hulle het gesê: ‘Hierdie is julle god wat julle gebring het uit Egipte!’ Hulle het verskriklike, godslasterlike dinge gedoen.
Afrikaans 1933/1953
Selfs toe hulle 'n gegote kalf vir hulle gemaak en gesê het: Dit is jou gode wat jou uit Egipte laat optrek het! -- en hulle groot, afskuwelike dinge gedoen het,
Afrikaans 1983
Ook toe hulle vir hulle die kalfsbeeld gegiet het en gesê het: “Hier is jou God wat jou uit Egipte gebring het,” en toe hulle skandelike dinge gedoen het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Selfs toe hulle 'n gegote kalf gemaak en gesê het, ‘Dit is jou God wat jou uit Egipte laat optrek het,’ en hulle hulle skuldig gemaak het aan ernstige godslastering,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U het hulle ook nie gelos toe hulle vir hulle 'n kalfbeeld gemaak het en vir U beledig het nie. Hulle het gesê die kalf is die god wat vir hulle uit die land Egipte gebring het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Selfs toe hulle vir hulle ’n afgodsbeeld gemaak het in die vorm van ’n kalf en gesê het: “Hier is jou god wat jou uit Egipte gered het!” en die vieslikste goed aangevang het,