Nehemiah 9:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ook het U hulle kinders vermeerder soos die sterre van die hemel en hulle ingebring in die land waaroor U aan hulle vaders beloof het dat hulle sou ingaan om dit in besit te neem.
Afrikaans (NLV) 2011
U het hulle kinders so baie gemaak soos die sterre in die hemel. U het hulle gebring in die land wat U gesê het hulle voorouers moet in besit neem.
Afrikaans 1933/1953
En U het hulle kinders vermenigvuldig soos die sterre aan die hemel en hulle in die land ingebring waarvan U aan hulle vaders gesê het dat hulle sou ingaan om dit in besit te neem.
Afrikaans 1983
U het hulle nageslag so baie laat word soos die sterre aan die hemel. U het hulle gebring na die land waarvan U aan hulle voorvaders gesê het dat hulle dit in besit sal kom neem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle kinders het U so talryk gemaak soos die sterre aan die hemelruim. U het hulle gebring na die land wat U aan hulle voorouers beloof het om daar in te gaan, om dit in besit te neem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U het vir hulle so baie kinders gegee soos die sterre in die lug. U het vir hulle voorvaders gesê hulle kinders sal die land vir hulle kom vat,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U het hulle net soveel kinders gegee as wat daar sterre aan die hemel is. U het die land wat U aan hulle ouers belowe het, vir hulle gegee om in te bly.