Numbers 1:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dit was die bekendes van die vergadering, vorste van die stamme van hulle vaders, hoofde van duisende in Israel.
Afrikaans (NLV) 2011
“Dit was die leiers wat uit elke familie gekies is.”
Afrikaans 1933/1953
Dit was hulle wat uit die vergadering opgeroep was, die owerstes van hulle voorvaderlike stamme, die stamhoofde van Israel.
Afrikaans 1983
Hulle was die manne wat uit die vergadering aangewys is, leiers van die stamme van hulle voorvaders en stamhoofde van Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierdie manne is deur die volksvergadering na vore geroep as leiers van die stamme van hulle voorvaders; hulle is die stamhoofde van Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Ek het hierdie stamhoofde uit die volksvergadering gekies. Hulle is die hoofde van die groepe in die leër van Israel.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie stamhoofde, wat almal leiers in hulle eie families is, is die mense wat toe deur die volksvergadering aangewys is.