Numbers 1:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Neem die som van die hele vergadering van die kinders van Israel, volgens hulle geslagte, volgens die huis van hulle vaders, met die getal van hulle name, elkeen wat manlik is volgens hulle geslagte;
Afrikaans (NLV) 2011
“Neem ’n sensus op van al die Israeliete volgens hulle stamme en hulle familiegroepe. Stel ’n lys op met die name van al die weerbare mans
Afrikaans 1933/1953
Neem julle die volle getal van die hele vergadering van die kinders van Israel op volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, almal wat manlik is, hoof vir hoof;
Afrikaans 1983
[2-3] Die Here het gesê: “Jy en Aäron moet al die Israeliete man vir man tel volgens afkoms en familie; skryf die name op van elke manlike persoon van twintig jaar en ouer, elkeen in Israel wat vir militêre diens geskik is en wat in leërafdelings ingedeel is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Hou 'n hoofdelike telling van die hele volksvergadering van die Israeliete volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name van elke manlike persoon, kop vir kop,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Julle moet al die mense van die volk Israel tel. Julle moet elkeen se naam in 'n boek skryf, en julle moet ook skryf van wie se nageslag hy is en aan watter familie hy behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
[2-3] “Jy en Aäron moet ’n sensusopname van die hele volk volgens hulle familiegroepe en stamme hou. Skryf die name op van al die mans van twintig en ouer wat militêre diens kan doen.