Numbers 1:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die kinders van Ruben, die oudste seun van Israel, volgens hulle geslagte, volgens hulle geslagte, volgens die huis van hulle vaders, volgens die getal name, volgens hulle kiesers, almal wat manlik is, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat bekwaam was om uit te gaan na die oorlog;
Afrikaans (NLV) 2011
Die mans bo twintig, wat kon gaan veg, was: Stam Getal
Afrikaans 1933/1953
En die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel -- hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, hoof vir hoof, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek --
Afrikaans 1983
[20-43] Die manlike afstammelinge van die onderskeie stamvaders was: van Ruben die oudste seun van Israel — 46 500 van Simeon — 59 300 van Gad — 45 650 van Juda — 74 600 van Issaskar — 54 400 van Sebulon — 57 400 van Josef se seuns: — Efraim — 40 500 — Manasse — 32 200 van Benjamin — 35 400 van Dan — 62 700 van Aser — 41 500 van Naftali — 53 400 Dit was in die geval van elke stam die getal weerbare manne van twintig jaar en ouer, getel volgens afkoms en familie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die nageslag van Ruben, eersgeborene van Israel, hulle familieregister volgens hulle familiegroepe, volgens hulle families, met volle name, kop vir kop, elke manlike persoon van twintig jaar en ouer, elke weerbare man was:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
[20-46] Moses en Aäron en die twaalf leiers het die manne getel wat 20 jaar of ouer was, elkeen wat oorlog kon maak. Hulle het opgeskryf van wie se nageslag elke persoon is, aan watter familie hy behoort en by watter groep van die leër hy moet wees. Hier is die getalle van die manne van die nageslag van die stamvaders: Ruben, die oudste seun van Israel: 46 500 manne Simeon: 59 300 Gad: 45 650 Juda: 74 600 Issaskar: 54 400 Sebulon: 57 400 Efraim seun van Josef: 40 500 Manasse seun van Josef: 32 200 Benjamin: 35 400 Dan: 62 700 Aser: 41 500 Naftali: 53 400 Almal saam: 603 550 manne.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
[20-46]  Die weerbare manne se getalle volgens hulle stamme was: van Israel se oudste seun Ruben — 46 500 van Simeon — 59 300 van Gad — 45 650 van Juda — 74 600 van Issaskar — 54 400 van Sebulon — 57 400 van Josef se seuns: Efraim — 40 500 Manasse — 32 200 van Benjamin — 35 400 van Dan — 62 700 van Aser — 41 500 van Naftali — 53 400 Daar was altesaam 603 550 weerbare manne wat twintig jaar en ouer was. Hulle getalle is bereken volgens hulle families.