Numbers 1:51 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En as die tabernakel wegtrek, moet die Leviete dit afbreek; en as die tabernakel opgeslaan word, moet die Leviete dit oprig; en die vreemdeling wat naby kom, moet gedood word.
Afrikaans (NLV) 2011
Wanneer julle verder trek, moet die Leviete dit elke keer afbreek en weer opslaan. As enigiemand anders daar naby kom, sal hy doodgemaak word.
Afrikaans 1933/1953
En as die tabernakel wegtrek, moet die Leviete dit afbreek; en as die tabernakel rus, moet die Leviete dit oprig; en die onbevoegde wat nader kom, moet gedood word.
Afrikaans 1983
As die tabernakel verskuif moet word, moet die Leviete dit uitmekaarhaal; en as dit opgeslaan moet word, moet hulle dit opslaan. 'n Onbevoegde persoon wat nader kom om te help, moet doodgemaak word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wanneer die tabernakel verskuif word, moet die Leviete dit afbreek, en wanneer die tabernakel weer opgeslaan word, moet die Leviete dit oprig. 'n Onbevoegde persoon wat naby kom, moet doodgemaak word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer hulle die tempel-tent na 'n ander plek moet neem, dan moet die Leviete dit afslaan, en wanneer die tempel-tent op 'n nuwe plek moet staan, dan moet die Leviete dit opslaan. Wanneer 'n ander persoon naby die tempel-tent kom, dan moet julle hom doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wanneer die tabernakel verskuif moet word, is dit die Leviete se werk om dit op en af te slaan. Enigiemand anders wat dit naby die tent waag, moet onmiddellik doodgemaak word.