Numbers 1:53 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar die Leviete moet laer opslaan rondom die tabernakel van die Getuienis, dat daar geen toorn oor die vergadering van die kinders van Israel kom nie; en die Leviete moet die diens van die tent van die Getuienis waarneem.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Leviete sal rondom die tabernakel van die verbond kamp opslaan om die Israeliete te beskerm teen die woede van die Here. Die Leviete moet by die tabernakel wag staan.
Afrikaans 1933/1953
Maar die Leviete moet laer opslaan rondom die tabernakel van die Getuienis, dat daar geen toorn oor die vergadering van die kinders van Israel kom nie. So moet dan die Leviete die diens van die tabernakel van die Getuienis waarneem.
Afrikaans 1983
maar die Leviete moet hulle tente rondom die tabernakel met die getuienis opslaan, sodat my toorn nie oor die Israeliete kom nie. So moet die Leviete dan vir die tabernakel met die getuienis sorg.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
maar die Leviete moet rondom die tabernakel met die Getuienis kamp opslaan, sodat daar nie 'n oordeel uit toorn oor die volksvergadering van die Israeliete kom nie. Die Leviete moet die verpligtinge nakom by die tabernakel met die Getuienis.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar die Leviete moet hulle tente opslaan rondom die tent waarin die kis en die tien gebooie is. Hulle moet dit doen sodat die Here nie kwaad word en die volk Israel straf nie. Die Leviete moet werk met die tent. Die kis waarin die tien gebooie is, is in die tent.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Leviete moet hulle tente rondom die tabernakel, wat sê dat Ek by julle is, opslaan. Hulle moet die tabernakel oppas. Dit dien as beskerming vir die res van die volk, sodat iemand nie per ongeluk daar inkom en Ek baie kwaad word vir die Israeliete nie.”