Numbers 14:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Julle sal ongetwyfeld nie in die land kom waaroor Ek gesweer het om julle daarin te laat woon nie, behalwe Kaleb, die seun van Jefunne, en Josua, die seun van Nun.
Afrikaans (NLV) 2011
sal in die land kom wat Ek beloof het dat julle daarin sal woon nie. Net Kaleb, seun van Jefunne, en Josua, seun van Nun, sal ingaan.
Afrikaans 1933/1953
Waarlik, julle sal nie in die land kom waaroor Ek my hand opgehef het om julle daarin te laat woon nie, behalwe Kaleb, die seun van Jefunne, en Josua, die seun van Nun.
Afrikaans 1983
Nie een van julle sal die land betree wat Ek met 'n eed aan julle as woonplek beloof het nie, behalwe Kaleb seun van Jefunne, en Josua seun van Nun.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ja, julle sal nie in die land ingaan waaroor Ek my hand opgehef het om julle daarin te laat woon nie, behalwe Kaleb, seun van Jefunne, en Josua, seun van Nun.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het belowe dat julle in daardie land sal woon, maar julle sal nie daar kom nie, net Kaleb seun van Jefunne en Josua seun van Nun sal daar kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nie een van julle sal in die Beloofde Land ingaan nie, behalwe Kaleb seun van Jefunne en Josua seun van Nun.