Numbers 2:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Aan die westekant moet die vaandel van die laer van Efraim wees volgens hulle leërafdelings; en die owerste van die seuns van Efraim moet wees Elísama, die seun van Ammihud.
Afrikaans (NLV) 2011
[18-19] “Efraim, Manasse en Benjamin moet by hulle vaandels wes van die tabernakel kamp opslaan. Hier is hulle volgens stamme, leiers en getalle: Efraim se leier is Elisama seun van Ammihud met 40 500 manskappe;
Afrikaans 1933/1953
Die vaandel van die laer van Efraim volgens hulle leërafdelings moet aan die westekant wees; en Elis ma, die seun van Amm¡hud, moet owerste oor die seuns van Efraim wees.
Afrikaans 1983
“Aan die westekant moet die stam Efraim kamp opslaan. Hy moet dit doen by sy vaandel en ingedeel in leërafdelings. Elisama seun van Ammihud is die leier van die stam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Die eenheid van Efraim se kamp is, volgens hulle leërafdelings, aan die westekant, met Elisama, seun van Ammihud, as leier van die nageslag van Efraim,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
[18-24] “Die vlag van die Efraim-kamp moet wes van die tempel-tent staan. Die stamme wat hulle tente daar in groepe moet opslaan, is: “Efraim wat 40 500 manne het, hulle leier is Elisama seun van Ammihud, Manasse wat 32 200 manne het, hulle leier is Gamliël seun van Pedasur, Benjamin wat 35 400 manne het, hulle leier is Abidan seun van Gidoni. “In die Efraim-kamp is hulle almal saam 108 100 manne en hulle moet derde gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Die stam Efraim moet aan die westekant kamp opslaan, by hulle vlag en ingedeel volgens verskillende leërafdelings. Ammihud se seun Elisama is die leier van daardie stam.