Numbers 2:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die vaandel van die laer van Dan moet aan die noordekant wees volgens hulle leërs; en Ahiëser, die seun van Ammisaddai, moet owerste oor die kinders van Dan wees.
Afrikaans (NLV) 2011
[25-26] “Dan, Aser en Naftali moet by hulle vaandels noord van die tabernakel kamp opslaan. Hulle is volgens stam, leier en getalle soos volg: Dan se leier is Agiëser seun van Ammi-Saddai met 62 700 manskappe;
Afrikaans 1933/1953
Die vaandel van die laer van Dan moet aan die noordekant wees volgens hulle leërafdelings: en Ahiëser, die seun van Amm¡saddai, moet owerste oor die seuns van Dan wees.
Afrikaans 1983
“Aan die noordekant moet die stam Dan kamp opslaan. Hy moet dit doen by sy vaandel en ingedeel in leërafdelings. Agiëser seun van Ammi-Saddai is die leier van hierdie stam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Die eenheid van Dan se kamp is, volgens hulle leërafdelings, aan die noordekant met Agiëser, seun van Ammi-Saddai, as leier van die nageslag van Dan,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
[25-31] “Die vlag van die Dan-kamp moet noord van die tempel-tent staan. Die stamme wat hulle tente daar in groepe moet opslaan, is: “Dan wat 62 700 manne het, hulle leier is Agiëser seun van Ammi-Saddai, Aser wat 41 500 manne het, hulle leier is Pagiël seun van Okran, Naftali wat 53 400 manne het, hulle leier is Agira seun van Enan. “In die Dan-kamp is hulle almal saam 157 600 manne en hulle moet laaste gaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Die stam van Dan moet aan die noordekant kamp opslaan by hulle vlag en volgens hulle leërafdelings. Ammi-Saddai se seun Agiëser is die leier van hierdie stam.