Numbers 2:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En aan die oostekant, teen die opgang van die son, sal hulle van die vaandel van die laer van Juda opslaan volgens hulle leërs; en Nagson, die seun van Amminadab, sal owerste oor die kinders van Juda wees.
Afrikaans (NLV) 2011
[3-4] “Juda, Issaskar en Sebulon moet aan die oostekant, waar die son opkom, onder hulle onderskeie vaandels kamp opslaan. Hier is die name van die stamme, hulle leiers en die getalle van hulle weerbare manskappe: Juda se leier is Nagson seun van Amminadab met 74 600 manskappe;
Afrikaans 1933/1953
En die wat aan die oostekant, teen sonop, laer opslaan, moet wees: die vaandel van die laer van Juda volgens hulle leërafdelings; en Nagson, die seun van Amm¡nadab, moet owerste oor die seuns van Juda wees.
Afrikaans 1983
“Aan die ooste, sonop se kant, moet die stam Juda kamp opslaan. Hy moet dit doen by sy vaandel en ingedeel in leërafdelings. Nagson seun van Amminadab is die leier van die stam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Dié wat kamp opslaan aan die oostekant, aan die kant waar die son opkom, moet wees: “Die eenheid van Juda se kamp volgens hulle leërafdelings, met Nagson, seun van Amminadab, as leier van die nageslag van Juda,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
[3-9] “Die vlag van die Juda-kamp moet oos van die tempel-tent staan. Die stamme wat hulle tente daar in groepe moet opslaan, is: “Juda wat 74 600 manne het, hulle leier is Nagson seun van Amminadab, Issaskar wat 54 400 manne het, hulle leier is Netanel seun van Suar, Sebulon wat 57 400 manne het, hulle leier is Eliab seun van Gelon. “In die Juda-kamp is hulle almal saam 186 400 manne en hulle moet eerste gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Die stam van Juda moet hulle kamp aan die oostekant, waar die son opkom, opslaan. Hulle moet by hulle vlag bly, en ingedeel in leërafdelings. Amminadab se seun Nagson is die leier van die stam.