Numbers 2:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die kinders van Israel het gedoen net soos die HERE Moses beveel het: so het hulle laer opgeslaan volgens hulle vaandels en so het hulle weggetrek, elkeen volgens hulle geslagte, volgens die huis van hulle vaders.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Israeliete het gemaak presies soos die Here vir Moses gesê het. Elke stam het volgens sy familie en onder sy eie vaandel kamp opgeslaan en weer getrek.
Afrikaans 1933/1953
En die kinders van Israel het gedoen net soos die HERE Moses beveel het; so het hulle laer opgeslaan volgens hulle vaandels, en so het hulle opgebreek elkeen volgens sy geslagte, by sy families.
Afrikaans 1983
Die Israeliete het presies gedoen soos die Here vir Moses beveel het. Hulle het kamp opgeslaan, elkeen by sy eie vaandel, en elke keer weer weggetrek, elke stam ingedeel volgens sy familiegroepe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Israeliete het presies gedoen wat die Here Moses beveel het. So het hulle kamp opgeslaan volgens hulle eenhede, en so het hulle kamp opgebreek; almal volgens hulle familiegroepe, langs hulle families.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Israeliete het alles gedoen wat die Here vir Moses gesê het. Hulle het hulle tente opgeslaan by hulle vlae, en die families en huisgesinne van elke stam het elkeen gegaan wanneer dit sy beurt is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Israeliete het presies gedoen wat die Here vir Moses gesê het. Hulle het elkeen by hulle eie vlag kamp opgeslaan en dit saamgedra as hulle weer weggetrek het. Elke stam was ook ingedeel volgens hulle familiegroepe.