Numbers 21:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het van Obot af weggetrek en laer opgeslaan by Ijeabarim, in die woestyn wat voor Moab lê, teen sonop.
Afrikaans (NLV) 2011
Van daar het hulle versit na Ije-Abarim in die woestyn, oos van Moab.
Afrikaans 1933/1953
Daarna het hulle weggetrek van Obot af en laer opgeslaan in Ijje-Haäb rim in die woestyn wat oostelik aan Moab vas lê.
Afrikaans 1983
Daarvandaan het hulle versit en kamp opgeslaan by Ije-Abarim in die woestyn regoor Moab, aan die oostekant.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarna het hulle van Obot af weggetrek en kamp opgeslaan by Ije-Abarim in die woestyn, wat langs Moab, aan die oostekant, lê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het van Obot verder gegaan en hulle het hulle tente opgeslaan by Ije-Abarim, naby die land Moab, by die oostekant.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Van daar af het hulle verder getrek en weer kamp opgeslaan by die ruïnes van Abarim in die woestyn, oos van Moab.