Numbers 25:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Israel het hom by Baäl-Peor aangesluit, en die toorn van die HERE het teen Israel ontvlam.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het begin om vir Baäl-Peor te aanbid. Die Here was baie kwaad vir Israel.
Afrikaans 1933/1953
So het Israel hom dan gekoppel aan Baäl-Peor, en die toorn van die HERE het teen Israel ontvlam.
Afrikaans 1983
So het die Israeliete vir Baäl-Peor aangehang. Die toorn van die Here het teen Israel ontvlam
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe Israel homself aan Baäl-Peor verbind, het die toorn van die Here teen Israel ontbrand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het kwaad geword vir die Israeliete toe hulle vir Baäl-Peor begin dien,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit het gemaak dat Israel die Moabitiese god, Baäl-Peor, begin aanbid het. Hieroor was die Here baie kwaad vir die Israeliete.