Numbers 3:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ek, kyk, Ek het die Leviete uit die kinders van Israel geneem in die plek van al die eersgeborenes wat die matriks oopmaak onder die kinders van Israel; daarom sal die Leviete myne wees;
Afrikaans (NLV) 2011
“Ek aanvaar die Leviete uit al die Israeliete as die plaasvervangers vir die seuns wat eerste gebore word. Die Leviete sal aan My behoort.
Afrikaans 1933/1953
Kyk, Ek self het die Leviete geneem onder die kinders van Israel uit in die plek van al die eersgeborenes wat die moederskoot open, uit die kinders van Israel, dat die Leviete myne kan wees.
Afrikaans 1983
“Kyk, Ek het die Leviete uit die volk vir My geneem in die plek van al Israel se eersgeborenes; hulle behoort aan My.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Wat My betref, kyk, Ek het die Leviete tussen die Israeliete uitgehaal in die plek van al die eersgeborenes, die eerstelinge van die moederskoot, onder die Israeliete. Die Leviete behoort aan My
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Ek het self die Leviete weggeneem van die Israeliete. Ek het nie die oudste seuns van die Israeliete geneem nie, Ek het die Leviete geneem in hulle plek. Die Leviete behoort aan My.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
[12-13] “Die Leviete behoort aan My. Toe Ek al die oudste kinders van die Egiptenaars doodgemaak het, het Ek elke eersgebore kind in Israel, mense en diere, vir Myself opgeëis. Nou, in plaas daarvan dat Ek al die eersgebore kinders vir My vat, behoort die Leviete van nou af aan My. Dit sê Ek; Ek, die Here!”