Numbers 3:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle geteldes volgens die getal van al die manspersone, van 'n maand oud en daarbo, hulle geteldes was sewe duisend vyf honderd.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle manspersone ouer as ’n maand wat getel is, was altesaam 7 500.
Afrikaans 1933/1953
Hulle geteldes volgens die getal van almal wat manlik was, van 'n maand oud en daarbo -- hulle geteldes was sewe duisend vyf honderd.
Afrikaans 1983
Hulle manlike persone van 'n maand en ouer wat so getel is, was altesaam sewe duisend vyf honderd.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wat betref dié wat ingeskryf is: Die volle getal van almal wat manlik was, van 'n maand en ouer, dié wat ingeskryf is, was 7 500.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mans en ook die seuns wat 'n maand of ouer was en wie se name in die boek geskryf is, was almal saam 7 500.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar was altesaam 7 500 mans in hierdie groep.