Numbers 3:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die diens van die seuns van Gerson in die tent van samekoms moet wees die tabernakel en die tent, sy deksel en die behangsel vir die ingang van die tent van samekoms;
Afrikaans (NLV) 2011
Die Gersoniete se werk was om by die tabernakel te sorg vir die seile wat bo-oor die tent kom, die afskorting by die ingang van die tent,
Afrikaans 1933/1953
En die seuns van Gerson moet by die tent van samekoms versorg: die tabernakel en die tent, sy dekkleed en die bedekking vir die ingang van die tent van samekoms;
Afrikaans 1983
Die taak van die Gersoniete by die tent van ontmoeting was die versorging van die tabernakel: die tent met sy dekseile, die gordyn by die deur van die tent van ontmoeting,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die verpligtinge van die nageslag van Gerson by die Tent van Ontmoeting was die tabernakel en die boseil, sy dekkleed en die gordyn by die ingang van die •Tent van Ontmoeting,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die nageslag van Gerson moes werk by die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Hulle moes sorg vir: die tempel-tent, die tent en sy seil, die gordyn voor die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle werk was om die tabernakel in stand te hou: die tent met sy dekseile, die gordyn by die ingang van die tent,