Numbers 3:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle diens moet wees die ark en die tafel en die kandelaar en die altare en die gereedskap van die heiligdom waarmee hulle dien, en die ophanging en die hele diens daarvan.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle moes omsien na die ark, die tafel, die kandelaar, die altare, die gereedskap wat in die heiligdom gebruik is, die voorhangsel en al die werk wat daar gedoen is.
Afrikaans 1933/1953
En hulle moet versorg: die ark en die tafel en die kandelaar en die altare en die gereedskap van die heiligdom waarmee hulle diens doen, en die voorhangsel en alles wat by die bediening daarvan behoort.
Afrikaans 1983
Hulle taak was die versorging van die ark, die tafel, die kandelaar, die altare, die gereedskap wat in die heiligdom gebruik word, sowel as die voorhangsel, met alles wat dié diens insluit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle verpligtinge was al die werk verbonde aan die ark, die tafel, die menora, die altare en die toebehore van die heiligdom waarmee hulle take verrig, asook die afskorting.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle moes werk met die kis, die tafel, die lampstaander, die altare en die gewyde gereedskap daarby, die gordyn en alles wat nodig was by die kis.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie groep se taak was die instandhouding van die ark, die tafel, die kandelaar, die altare, die gereedskap wat in die heiligdom gebruik word, sowel as die voorhangsel, met alles wat dié diens insluit.