Numbers 3:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Eleasar, die seun van die priester Aäron, moet owerste oor die owerste van die Leviete wees, en hy moet toesig hou oor die wat die diens van die heiligdom waarneem.
Afrikaans (NLV) 2011
Aäron se seun, die priester Eleasar, was aan die hoof van al die Leviete wat die heiligdom moes versorg.
Afrikaans 1933/1953
En die hoof van die owerstes van Levi moet wees Ele sar, die seun van Aäron, die priester, die opsigter oor die wat die diens van die heiligdom waarneem.
Afrikaans 1983
Eleasar seun van die priester Aäron was die leier van die familiehoofde van Levi, en as sodanig opsigter oor almal wat in die heiligdom diens doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die hoofleier van die Leviete was Eleasar, seun van die priester Aäron. Hy was in bevel van dié wat die verpligtinge in die heiligdom moes nakom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die hoofleier van die Levi-stam was Eleasar seun van die priester Aäron. Hy moes kyk dat die Leviete al die werk by die tempel-tent reg doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Aäron se seun Eleasar was die leier van die familiehoofde van Levi. Sy werk was om toesig te hou oor almal wat in die Here se heilige plek diens doen.