Numbers 3:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En onder die bewaring en toesig van die seuns van Merári moet die style van die tabernakel en sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke en al sy voorwerpe en alles wat daarvoor dien, wees,
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle werk was om te sorg vir die rame waaroor die tent getrek is, die dwarslatte wat dit vasgehou het, die regop pale en hulle voetstukke, al hulle toebehore en die onderhoud wat daaraan gedoen moes word.
Afrikaans 1933/1953
En die toesig van die seuns van Mer ri -- wat hulle te besorg het -- moet wees oor die style van die tabernakel en sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke en al die gereedskap sowel as die hele diens wat daarby behoort;
Afrikaans 1983
Die Merarigroep was verantwoordelik vir die versorging van die rame, dwarslatte, style en voetstukke van die tabernakel, en ook van al sy gereedskap, met alles wat dié diens insluit;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die verantwoordelikheid wat aan die nageslag van Merari opgedra is, was die tabernakel se houtraamwerk, die dwarshoute, tentpale en voetstukke, en al die toebehore, al die werk daaraan verbonde,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Merari-families moes werk met die rame van die tempel-tent, die dwarspale, die pale, die voetstukke en al die ander dinge wat daarby moes wees,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Merarigroep se taak was die versorging van die rame, dwarslatte, hoekpale en voetstukke van die tabernakel, en ook van al sy gereedskap, met alles wat dié diens insluit;