Numbers 3:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar dié wat laer opslaan voor die tabernakel na die ooste toe, voor die tent van samekoms na die ooste, moet Moses en Aäron en sy seuns wees wat die diens van die heiligdom waarneem vir die diens van die kinders van Israel; en die vreemdeling wat naby kom, moet gedood word.
Afrikaans (NLV) 2011
Moses, Aäron en sy seuns wat namens die Israeliete by die tabernakel diens moes doen, het aan die oostekant van die heiligdom gebly, aan die kant waar die son opkom. Hulle moes die heiligdom oppas. Enigiemand anders wat daar gekom het, moes doodgemaak word.
Afrikaans 1933/1953
En die wat voor die tabernakel laer opslaan, aan die oostekant, voor die tent van samekoms, teen sonop, moet wees Moses en Aäron met sy seuns wat die diens van die heiligdom waarneem, naamlik die diens vir die kinders van Israel; en die onbevoegde wat nader kom, moet gedood word.
Afrikaans 1983
Moses, Aäron en Aäron se seuns het aan die oostekant voor die tabernakel, voor die tent van ontmoeting, kamp opgeslaan. Aäron en sy seuns het die diens van die tabernakel in belang van Israel waargeneem. 'n Onbevoegde persoon wat nader gekom het om te help, moes doodgemaak word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die groep wat voor die tabernakel, aan die oostekant, waar die son opkom, voor die Tent van Ontmoeting, moes kamp opslaan, was Moses, Aäron en sy nageslag. Hulle moes die verpligtinge in die heiligdom nakom, die verpligtinge van die Israeliete. 'n Onbevoegde persoon wat daar indring, moes doodgemaak word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Moses en Aäron en sy seuns moes hulle tente opslaan voor die tempel-tent, oos van die tempel-tent. Net Aäron en sy seuns moes vir die Israeliete die werk doen in die tempel-tent. As iemand anders hierdie priester-werk gedoen het, dan moes hulle hom doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die gebied oos van die tabernakel is vir Moses en Aäron en sy seuns opsy gesit. Hulle taak was om namens die volk in die tabernakel self diens te doen. Enigiemand anders wat dit selfs naby aan die Here se tent gewaag het, moes daar en dan doodgemaak word.