Numbers 3:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Nadab en Abíhu het gesterwe voor die aangesig van die HERE toe hulle vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring het in die woestyn Sinai, en hulle het geen kinders gehad nie; en Eleasar en Itamar het die priesteramp bedien voor die oë van hulle vader Aäron.
Afrikaans (NLV) 2011
Nadab en Abihu is egter dood omdat hulle in die Sinaiwoestyn verkeerde vuur vir die Here geoffer het. Hulle is dood sonder enige nageslag. Eleasar en Itamar was dus die enigste om saam met Aäron die priesterwerk te doen.
Afrikaans 1933/1953
Maar Nadab en Ab¡hu het gesterwe voor die aangesig van die HERE toe hulle vreemde vuur voor die aangesig van die HERE in die woestyn Sinai gebring het, en hulle het geen kinders gehad nie; maar Ele sar en Itamar het die priesteramp bedien voor die oë van hulle vader Aäron.
Afrikaans 1983
Maar die Here het vir Nadab en Abihu laat sterwe omdat hulle in die Sinaiwoestyn ongeoorloofde vuur voor Hom neergesit het. Hulle het geen seuns gehad nie. Eleasar en Itamar het toe die priesterdiens verrig onder die toesig van Aäron, hulle pa.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar Nadab en Abihu het voor die Here gesterf, toe hulle in die Sinaiwoestyn ongeoorloofde vuur voor die Here nadergebring het. Hulle het geen seuns gehad nie, en Eleasar en Itamar het onder toesig van hulle vader, Aäron, as priesters opgetree.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nadab en Abihu het in die Sinai-woestyn gesterf toe hulle verkeerde vuur op die altaar neergesit het. Die Here het hulle laat sterf. Hulle het nie seuns gehad nie, en toe was net Eleasar en Itamar priesters saam met hulle pa Aäron.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar die Here het vir Nadab en Abihu laat doodgaan omdat hulle sonder sy toestemming vuur na die altaar toe gebring het. Aangesien hulle nie kinders gehad het nie, was dit net Eleasar en Itamar wat saam met hulle pa as priesters opgetree het.