Numbers 3:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Verder het die HERE vir Moses gesê: Tel al die eersgeborenes van die manlike kinders van die kinders van Israel, van 'n maand oud en daarbo, en neem die getal van hulle name op.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe sê die Here vir Moses: “Tel nou al die eersgebore seuns onder die Israeliete wat ouer as ’n maand is. Skryf hulle name op.
Afrikaans 1933/1953
En die HERE het aan Moses gesê: Tel al die manlike eersgeborenes van die kinders van Israel, van 'n maand oud en daarbo, en neem die getal van hulle name op.
Afrikaans 1983
Die Here het ook vir Moses gesê: “Tel al die manlike eersgeborenes van die Israeliete van 'n maand en ouer, en maak 'n lys van hulle name.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here het vir Moses gesê: “Skryf elke manlike eersgeborene van die Israeliete van 'n maand en ouer in. Neem hulle volle name op in die lys.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet al die oudste seuns van die Israeliete tel en jy moet hulle name in 'n boek skryf, almal wat 'n maand of ouer is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het verder vir Moses gesê: “Tel al die oudste manlike kinders in Israel van ’n maand en ouer. Maak dan ’n lys van hulle name.