Numbers 3:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En jy moet die Leviete vir My, Ek is die HERE, neem in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel; en die vee van die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die vee van die kinders van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Leviete sal vir hulle instaan. Ek is die Here. Die Leviete se vee sal ook instaan vir die eersgebore vee van die Israeliete.”
Afrikaans 1933/1953
En jy moet vir My -- Ek is die HERE -- die Leviete neem in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die vee van die kinders van Israel.
Afrikaans 1983
In die plek van al die eersgeborenes uit Israel moet jy die Leviete vir my diens beskikbaar stel, en ook die Leviete se vee in die plek van al die eerstelinge onder die vee van die Israeliete. Ek is die Here.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Neem die Leviete vir My – Ek is die Here – in die plek van al die eersgeborenes van die Israeliete; en neem die diere van die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die diere van die Israeliete.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar jy moet die Leviete vir My neem in die plek van al die oudste seuns van die Israeliete, en jy moet die diere van die Leviete neem in die plek van al die eerste lammers en kalwers van die Israeliete.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Leviete moet die plaasvervangers wees vir die kinders in Israel wat eerste gebore is. Net so moet die Leviete se vee die plaasvervangers wees vir die eerstelinge van die volk se vee. So sê Ek; Ek, die Here!”