Numbers 3:45 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Neem die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van hulle vee; en die Leviete sal myne wees. Ek is die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
“Laat die Leviete instaan vir al die oudste seuns in Israel. Vat ook die Leviete se vee as plaasvervangers vir die vee wat eerste gebore is. Die Leviete behoort aan My. Ek is die Here.
Afrikaans 1933/1953
Neem die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van hulle vee, sodat die Leviete myne kan wees. Ek is die HERE.
Afrikaans 1983
“Stel die Leviete beskikbaar vir my diens in die plek van al Israel se eersgeborenes; neem ook die Leviete se vee in die plek van die Israeliete s'n. Die Leviete behoort aan My. Ek is die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Neem die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die Israeliete, en ook die Leviete se vee in die plek van hulle vee. Die Leviete behoort aan My. Ek is die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Jy moet die Leviete neem in die plek van al die oudste seuns van die Israeliete, en jy moet die Leviete se diere neem in die plek van die Israeliete se diere. Die Leviete behoort aan My, Ek is die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Vat die Leviete in die plek van die eersgebore kinders van Israel en vat hulle vee in die plek van die eerstelinge van Israel se vee. Die Leviete is my eiendom. So sê Ek; Ek, die Here.