Numbers 3:47 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Jy moet selfs vyf sikkels per paal neem, volgens die sikkel van die heiligdom moet jy dit neem; (die sikkel is twintig gera:)
Afrikaans (NLV) 2011
Vat vyf stukke silwer vir elkeen van hulle. Elke geldstuk moet volgens die standaardgewig van die tempel wees.
Afrikaans 1933/1953
moet jy per hoof vyf sikkels neem; volgens die sikkel van die heiligdom moet jy dit neem; die sikkel is twintig gera.
Afrikaans 1983
Jy moet vyf silwerstukke per kop invorder; bereken volgens die standaardgewig van die heiligdom is dit elf gram per silwerstuk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
moet jy vyf sikkel per kop invorder en dit bereken volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld. Die sikkel is twintig gera werd.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moet sê hulle moet elkeen van daardie 273 seuns loskoop vir vyf sikkels silwer, dit moet tempel-sikkels wees. Elke tempel-sikkel weeg 20 gera.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit gaan vyf silwerstukke kos, want dit is die standaardgewig wat in die heiligdom gebruik word. Die loskoopprys is elf gram per silwerstuk vir elke persoon wat losgekoop word.