Numbers 3:48 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En jy moet die geld waarmee die onewe getal van hulle losgekoop moet word, aan Aäron en sy seuns gee.
Afrikaans (NLV) 2011
Gee die geld vir Aäron en sy seuns as ’n losprys vir die persone wat te veel is.”
Afrikaans 1933/1953
En jy moet die geld as losprys van die wat onder hulle oor is, aan Aäron en sy seuns gee.
Afrikaans 1983
Die geld vir hierdie groter getal eersgeborenes van die Israeliete moet jy as losprys aan Aäron en sy seuns gee.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jy moet die geld vir Aäron en sy seuns gee as losprys vir die eersgeborenes wat meer is as hulle.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moet die geld neem wat jy kry vir die persone wat jy laat loskoop, en jy moet dit vir Aäron en sy seuns gee.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Gee dan hierdie geld vir Aäron en sy seuns as ’n losprys vir die ekstra eersgeborenes.”