Numbers 3:50 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Van die eersgeborenes van die kinders van Israel het hy die geld geneem; duisend drie honderd vyf en sestig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom;
Afrikaans (NLV) 2011
Die geld wat hy bymekaargekry het, was ongeveer vyftien en ’n half kilogram silwer.
Afrikaans 1933/1953
van die eersgeborenes van die kinders van Israel het hy die geld geneem, duisend drie honderd vyf en sestig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom.
Afrikaans 1983
Hierdie geld het hy geneem van die eersgebore Israeliete, vyftien en 'n half kilogram silwer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Namens die eersgeborenes van die Israeliete het hy die geld ontvang. Dit was 1 365 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
hy het dit geneem van die oudste seuns van die Israeliete. Dit was 1 365 tempel-sikkels,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Vyftien kilogram silwer is ingesamel.