Numbers 3:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle moet sy diens waarneem en die diens van die hele vergadering voor die tent van samekoms, om die diens van die tent te verrig.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle sal Aäron en die gemeenskap in die tabernakel bystaan en daar bepaalde take verrig.
Afrikaans 1933/1953
En hulle moet sy diens waarneem en die diens van die hele vergadering voor die tent van samekoms, om die dienswerk van die tabernakel te verrig.
Afrikaans 1983
Hulle moet vir Aäron in die gemeente diensbeurte waarneem in die tent van ontmoeting deur die werk wat hulle in die tabernakel doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
hulle moet sy verpligtinge en die verpligtinge van die hele volksvergadering voor die Tent van Ontmoeting help nakom deur diens te doen in die tabernakel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle moet vir die hele volk werk by die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn, hulle moet alles wat nodig is, by die tempel-tent doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Saam met Aäron moet hulle al die dienste in die tabernakel, die spesiale tent van die Here, waarneem.