Numbers 3:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En jy moet die Leviete aan Aäron en sy seuns gee; hulle is geheel en al aan hom gegee uit die kinders van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011
Stel nou die Leviete aan as Aäron en sy seuns se helpers. Uit die Israeliete sal hulle hom voltyds bystaan.
Afrikaans 1933/1953
En jy moet die Leviete aan Aäron en sy seuns gee; hulle is heeltemal aan hom gegee uit die kinders van Israel.
Afrikaans 1983
Jy moet die Leviete tot beskikking van Aäron en sy seuns stel; uit die volk Israel is hulle die mense wat volkome aan Aäron se diens gewy is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Jy moet die Leviete tot beskikking stel van Aäron en sy seuns. Hulle is volledig tot sy beskikking namens die Israeliete.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moet die Leviete vir Aäron en sy seuns gee. Die Israeliete gee die Leviete sodat hulle vir Aäron en sy seuns kan werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Leviete se verantwoordelikheid is om vir Aäron en sy seuns te help.