Numbers 32:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En kyk, julle het opgestaan in die plek van julle vaders, 'n menigte van sondige manne, om nog die gloed van die toorn van die HERE teen Israel te vermeerder.
Afrikaans (NLV) 2011
Hier kom julle nou, julle sondige mense, en julle maak net soos julle voorouers! Julle maak die Here selfs nog meer kwaad vir Israel.
Afrikaans 1933/1953
En kyk, julle het opgestaan in die plek van julle vaders, 'n egte kroos van sondige mense, om die toorngloed van die HERE teen Israel nog te vermeerder.
Afrikaans 1983
En nou kom julle, sondaarsgeslag, net soos julle voorvaders destyds, en julle maak die Here nog meer kwaad vir Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En kyk, julle het in die plek van julle voorvaders gaan staan, julle sondige geslag, om die brandende toorn van die Here teen Israel nog erger te maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nou kom julle hier, julle is 'n klomp sondaars soos julle voorvaders, en julle maak die Here nog meer kwaad vir die Israeliete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
En hier kom julle bende sondaars en julle maak net soos hulle. Wil julle nou weer die Here kwaad maak?