Numbers 34:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die grens moet deurgaan tot by Sifron, en die uitgang daarvan moet by Hasarenan wees; dit moet julle noordelike grens wees.
Afrikaans (NLV) 2011
verby Sifron tot by Gasar-Enan. Dit is julle noordelike grens.
Afrikaans 1933/1953
Dan moet die grens aanloop na Sifron toe, en dit moet doodloop by Hasar-Enan. Dit moet julle noordelike grens wees.
Afrikaans 1983
en verder tot by Sifron en Gasar-Enan. Dit is julle noordgrens.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die grens strek verder na Sifron, en sy verste punt is Gasar-Enan. Dit sal julle noordelike grens wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
en dan verby Sifron tot by Gasar-Enan. Dit moet julle noordgrens wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
en verder tot by Sifron en Gasar-Enan. Dit is die noordgrens.