Obadiah 1:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want jou geweld teen jou broer Jakob sal jou oordek, en jy sal vir ewig uitgeroei word.
Afrikaans (NLV) 2011
“Hoekom sal dit gebeur? Omdat jy gewelddadig was teenoor Israel wat eintlik jou bloedverwante is. Die vernedering daaroor sal jy vir altyd moet dra. Jy sal heeltemal uitgewis word.
Afrikaans 1933/1953
Weens die geweld teen jou broer Jakob gepleeg, sal skande jou bedek, en jy sal uitgeroei word vir ewig.
Afrikaans 1983
op jou broervolk Jakob, oor die geweld teen hom, sal jy verslaan word, uitgeroei word vir altyd.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
vanweë geweld teen jou broer Jakob, sal skaamte jou oorval en jy sal uitgeroei word vir altyd.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
julle was wreed met die nageslag van Jakob, julle voorvader se broer. Daarom sal dit met julle ook sleg gaan. Julle vyande sal julle doodmaak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jy het die nageslag van jou pa se broer baie hard behandel. Jy behoort jou daaroor te skaam. Omdat jy jou oom Jakob se nageslag vermoor het, sal jy self uitgemoor word.