Obadiah 1:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die dag toe jy oorkant gestaan het, op die dag toe die vreemdelinge sy leërs weggevoer het en vreemdelinge in sy poorte ingegaan en die lot oor Jerusalem gewerp het, was jy ook soos een van hulle.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe Israel ’n tyd beleef het toe hulp regtig nodig was, het jy jou bloedverwante in die steek gelaat. Jy het afsydig gestaan en toekyk toe vreemde invallers Jerusalem binnegeval het. Jy het nie ’n vinger gelig om te help toe hulle rykdom weggedra en lootjies getrek het om die stad te verdeel nie. Jy het soos een van Israel se vyande opgetree.
Afrikaans 1933/1953
Die dag toe jy daarby gestaan het, die dag toe vreemdes sy rykdom weggevoer en uitlanders deur sy poorte gedring en die lot oor Jerusalem gewerp het -- toe was jy ook soos een van hulle!
Afrikaans 1983
Die dag toe vreemdes die bevolking van Jakob gevange weggevoer het, het jy afsydig daar gestaan. Toe uitlanders die poorte van Jerusalem binnegegaan en oor hom begin lootjies trek het, was jy aan hulle kant.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die dag toe jy eenkant gaan staan het, die dag toe vreemdes die besittings van Jakob weggevoer het, toe buitelanders sy poorte binnegedring en geloot het oor Jerusalem, was ook jy soos een van hulle!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Mense uit 'n ander land het oorlog kom maak teen Jerusalem. Hulle het al die stad se soldate weggevat en hulle het lootjies getrek oor die mense en die goed in die stad. Hulle wou kyk wat elkeen moet kry. Toe het julle gestaan en kyk. Julle was saam met die vyande.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die dag toe daar mense van ’n ander plek gekom en Jerusalem verwoes het, het jy met gevoude arms gestaan en kyk sonder om ’n vinger te verroer. Toe vreemdelinge deur die hekke van Jerusalem marsjeer en lootjies getrek het oor die goed wat hulle uit die stad gevat het, was jy aan hulle kant.