Obadiah 1:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar jy moes die dag van jou broer nie gekyk het op die dag dat hy 'n vreemdeling geword het nie; en jy moes jou nie oor die kinders van Juda verheug het op die dag van hulle vernietiging nie; en jy moes nie hoogmoedig gespreek het op die dag van benoudheid nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Jy het verkeerd opgetree! Jy moes jou nie verlekker het toe hulle jou bloedverwante in ballingskap weggevoer het na verafgeleë lande nie. Jy moes nie so bly gewees het oor die ongeluk wat hulle getref het nie. Dit was nie vir jou nodig om met minagting op hulle neer te sien oor hulle ellende nie.
Afrikaans 1933/1953
En tog moes jy nie met genot die dag van jou broer aanskou het nie, die dag van sy onheil, en jou nie verheug het oor die kinders van Juda op die dag van hulle ondergang nie en nie gespog het op die dag van benoudheid nie!
Afrikaans 1983
Jy moes jou nie daarin verlekker het dat jou broer se dag gekom het nie, die dag toe die ongeluk hom getref het; jy moes nie so bly gewees het oor wat gebeur het met die mense van Juda die dag toe hulle omgekom het nie; jy moes nie so uit die hoogte gepraat het die dag toe die ellende hulle getref het nie;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jy moes nie gestaan en toekyk het op die dag van jou broer, op die dag toe 'n ramp hom getref het nie. Jy moes nie bly gewees het oor die Judeërs op die dag van hulle ondergang nie. Jy moes nie 'n groot mond gehad het op die dag van angs nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense van Jerusalem was familie van julle. Julle het verkeerd gedoen toe julle gestaan en kyk het hoe sleg dit met hulle gaan. Julle was bly toe die vyande die mense van Juda doodgemaak het. Julle het gestaan en lag toe hulle so swaar gekry het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jy moes nie staan en lekkerkry het die dag toe die teëspoed jou broersvolk getref het nie. Dit was nie nodig dat jy gewys het hoe bly jy is die dag toe hulle die mense van Juda doodgemaak het nie. Dit was nie reg dat jy alles oor hulle te sê gehad het die dag toe hulle benoud geraak het nie.