Obadiah 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Jy moes nie in die poort van my volk ingegaan het op die dag van hulle onheil nie; ja, jy moes nie na hulle ellende gekyk het op die dag van hulle onheil nie, en ook nie die hande op hulle besittings opgelê het op die dag van hulle onheil nie;
Afrikaans (NLV) 2011
Jy moes nie die poorte van my volk ingeval het terwyl so ’n groot ramp hulle getref het nie. Jy moes nie met genoegdoening toegekyk het terwyl hulle ondergegaan het nie. Jy moes nie hulle goed gesteel het toe so ’n ramp hulle getref het nie.
Afrikaans 1933/1953
Tog moes jy nie in die poort van my volk gekom het op die dag van hulle nood nie, moes jy ook nie met genot aanskou het sy onheil op die dag van sy nood nie en nie die hand uitgesteek het na sy rykdom op die dag van sy nood nie!
Afrikaans 1983
jy moes nie die poorte van my volk binnegegaan het die dag toe die ramp hom getref het nie; jy moes jou nie ook verlekker het in sy ongeluk die dag toe die ramp hom getref het nie; jy moes nie sy besittings geroof het die dag toe die ramp hom getref het nie;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jy moes nie in die poort van my volk gekom het op die dag van hulle teenspoed nie. Jy moes nie ook sy onheil staan en dophou het op die dag van sy teenspoed nie. Jy moes nie jou hande uitgesteek het na sy besittings op die dag van sy teenspoed nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle het in my volk se stad ingegaan toe die vyande hulle oorwin het. Julle het gestaan en kyk toe die vyande hulle oorwin het en julle het hulle goed vir julleself gevat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit was nie reg dat jy ook in Jerusalem moes ingaan op die dag toe die ramp hom getref het nie. Jy moes nie so ingenome toegekyk het toe die ongeluk hom tref nie. Jy moes nie ook sy goed gaan staan en steel het toe die onheil oor hom gekom het nie.