Obadiah 1:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want soos julle op my heilige berg gedrink het, so sal al die nasies voortdurend drink, ja, hulle sal drink, en hulle sal verslind, en hulle sal wees asof hulle nie was nie.
Afrikaans (NLV) 2011
My volk moes op my heilige berg die beker van straf drink. Net so sal jy en die nasies in die omgewing die straf moet drink wat Ek op julle gaan uitstort. Die nasies sal drink en rondslinger, totaal uit die geskiedenis verdwyn. Dit sal wees asof julle nooit bestaan het nie.
Afrikaans 1933/1953
Want net soos julle gedrink het op my heilige berg, sal al die nasies gedurigdeur drink, ja, hulle sal drink en swelg en word asof hulle nooit bestaan het nie.
Afrikaans 1983
Soos julle, my volk Jakob, die oordeelsbeker moes drink op my heilige berg, so sal die ander nasies dit drink, maar sonder ophou, hulle sal drink en sluk, en hulle sal word asof hulle nooit bestaan het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Ja, soos wat julle die beker moes drink op my heilige berg, sal al die nasies voortdurend moet drink. Hulle sal drink en onsamehangend praat en hulle sal wees asof hulle nooit bestaan het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Die mense van Juda moes die beker van swaarkry drink op my gewyde berg. So sal die ander volke dit ook moet aanhou drink. Hulle sal drink en drink en hulle sal verdwyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Soos julle by my tempel drank gedrink het, sal al die nasies my oordeel moet drink. Hulle sal alles moet opdrink tot daar niks meer van hulle oorbly nie.