Obadiah 1:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar op die berg Sion sal verlossing wees, en daar sal heiligheid wees; en die huis van Jakob sal hulle besittings in besit neem.
Afrikaans (NLV) 2011
“Jerusalem sal ’n toevlugsoord wees. Dit sal ’n heilige plek wees. Die mense van Israel sal weer terugkom om hulle erfdeel op te eis.
Afrikaans 1933/1953
Maar op die berg Sion sal daar ontkoming wees, en dit sal 'n heiligdom wees; en die huis van Jakob sal sy besittings in besit neem.
Afrikaans 1983
Maar op Sionsberg sal daar uitkoms kom, dit sal weer 'n heilige plek wees. Die volk van Jakob sal weer in besit neem wat aan hom behoort.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar op die berg Sion sal daar ontvlugting wees, en Sion sal heilig wees. “Die huis van Jakob sal dié wat hulle verdryf het, uitdryf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar op Sionsberg sal dit weer goed gaan. Dit sal weer 'n gewyde plek wees. Die nageslag van Jakob sal hulle eie land terugvat, die land wat aan hulle behoort het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My tempel op die berg Sion sal ’n plek word waarheen die mense vlug. Dit sal die plek wees wat vir My eenkant gesit is. Die nageslag van Jakob sal daar kom kry wat aan hulle behoort.