Obadiah 1:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die huis van Jakob sal 'n vuur wees en die huis van Josef 'n vlam en die huis van Esau 'n stoppel, en hulle sal daarin aansteek en dit verteer; en daar sal niks oorbly van die huis van Esau nie; want die HERE het dit gespreek.
Afrikaans (NLV) 2011
“Ek, die Here sê: Israel sal wees soos vuur en Josef se nageslag soos ’n vlam wat brand. Edom sal wees soos ’n veld vol droë gras. Die vuur sal versprei soos ’n veldbrand en alles verteer. Niemand van die mense van Edom sal oorleef nie.
Afrikaans 1933/1953
Dan sal die huis van Jakob 'n vuur wees en die huis van Josef 'n vlam, maar die huis van Esau 'n stoppel; en die sal hulle aan die brand steek en hulle verteer, sodat daar geen oorblyfsel vir die huis van Esau sal wees nie, want die HERE het dit gespreek.
Afrikaans 1983
Die volk van Jakob sal die vuur wees, die volk van Josef die vlam, en die volk van Esau die strooi: Josef sal hom brand en hom verteer, en van die volk van Esau sal niemand oorbly nie. Die Here het dit gesê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die huis van Jakob sal vuur wees en die huis van Josef 'n vlam, maar die huis van Esau sal strooi wees. Die vuur sal die strooi brand en dit verteer. Daar sal van die huis van Esau nie een ontvlug nie.” Want die Here het dit gesê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die nageslag van Jakob sal wees soos 'n vuur, die nageslag van Josef sal wees soos vuurvlamme, en julle, die nageslag van Esau, sal wees soos kaf wat brand. Daar sal niks oorbly nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here sê: Jakob se nageslag sal soos vuur wees en die huis van Josef soos ’n vlam wat brand. Esau se nageslag sal soos ’n stuk droë gras wees. Hulle sal hom verteer en hom wegbrand totdat daar van Edom nie ’n stukkie oor is nie. Die Here het so gesê.