Obadiah 1:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle van die Suide sal die berg Esau in besit neem; en hulle van die Vlakte, die Filistyne, en hulle sal die veld van Efraim en die veld van Samaría in besit neem; en Benjamin sal Gílead in besit neem.
Afrikaans (NLV) 2011
Die mense wat in die Suidland bly, sal die berglande van Edom beset. Dié wat kom van die heuwels van Juda sal die Filistyne se kusvlakte kry. Nog ander sal die velde van Efraim oorneem en ook dié van Samaria. Die mense van Benjamin sal die Gileadgebied inpalm.
Afrikaans 1933/1953
Dan sal die van die Suidland die gebergte van Esau, en die van die Laeveld die land van die Filistyne in besit neem; en hulle sal die veld van Efraim en die veld van Samar¡a, en Benjamin G¡lead in besit neem.
Afrikaans 1983
Mense uit die Suidland sal die bergland van Esau in besit neem, mense uit die Laeveld die gebied van die Filistyne. Jakob sal die Efraimsvelde in besit neem, en die veld van Samaria, Benjamin en Gilead.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle sal die Negev saam met die bergland van Esau in besit neem, die Sjefela saam met Filistea. Hulle sal die gebied van Efraim en die gebied van Samaria in besit neem en Benjamin saam met Gilead.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense van Juda sal die Suid-land, die Esau-berge, vir hulleself vat, en die Laeveld waar die Filistyne woon, en ook die land waar die Efraimiete gewoon het en waar die stad Samaria was. Die mense van die land Benjamin sal die land Gilead vir hulleself vat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dié wat in Negev in die suide bly, sal die berge van Edom vir hulle vat. Dié wat in die kusvlakte teen die see bly, sal die land van die Filistyne oorneem. Ander sal die lande Efraim en Samaria vir hulle vat. Benjamin sal Gilead inpalm.