Obadiah 1:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kyk, Ek het jou klein gemaak onder die nasies; jy is baie verag.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here sê: “Edom, Ek maak jou ’n klein volkie onder die nasies. Jy sal niksseggend en veragtelik wees.
Afrikaans 1933/1953
Kyk, Ek het jou klein gemaak onder die nasies, jy is baie verag.
Afrikaans 1983
Die Here het gesê: Edom, Ek maak jou 'n klein volkie onder die volke, jy sal glad nie meer gereken word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Kyk, gering maak Ek jou onder die nasies; jy sal heeltemal verag word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het vir die Edomiete gesê: “Ek sal julle 'n klein volkie maak, almal sal dink julle beteken niks.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here sê vir Edom: Ek gaan maak dat jy nie meer belangrik is onder die nasies nie. Inteendeel, hulle sal op jou neersien.