Obadiah 1:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die lot van hierdie leër van die kinders van Israel sal dié van die Kanaäniete in besit neem, tot by Sarfat; en die ballinge van Jerusalem wat in Sefarad is, sal die stede van die suide in besit neem.
Afrikaans (NLV) 2011
Die mense van Israel sal uit ballingskap na hulle land toe terugkom. Hulle sal Kanaän tot so ver noord soos Sarfat in besit neem. Mense wat uit Jerusalem weggevat is en nou ballinge is in Sefarad, sal na hulle land toe terugkom en weer kom woon in die dorpe van die Suidland.
Afrikaans 1933/1953
Die ballinge van hierdie leërmag van die kinders van Israel sal die wat Kanaäniete is, tot by Sarfat verower; en die ballinge van Jerusalem, wat in Sef rad is, sal die stede van die Suidland in besit neem.
Afrikaans 1983
Dieselfde Israeliete wat in ballingskap weggevoer is, sal Kanaän in besit neem tot by Sarfat; die mense van Jerusalem wat nou ballinge in Sefarad is, sal die stede in die Suidland in besit neem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die ballinge van hierdie leër, die Israeliete, sal Kanaänitiese gebied in besit neem tot by Sarfat, en die ballinge van Jerusalem wat in Sefarad is, sal die stede van die Negev in besit neem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die vyande het party van die Israeliete gevang en na ander lande gevat. Israeliete sal nou die land vat waar die Kanaäniete woon, tot by die stad Sarfat. Die vyande het party mense van Jerusalem gevang en na die stad Sefarad gevat. Daardie mense sal nou die stede in die Suid-land vir hulleself vat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Israeliete wat uit hulle land weggevat is, sal terugkom en alles tot bo by Sarfat van Kanaän terugvat. Dié wat in Jerusalem gebly het en van daar af weggevat is na Sarefat, sal weer in die dorpe van Juda kom bly.